Berei jou beelde voor

Gebruik Photoshop of Lightroom of enige ander sagteware van jou keuse om jou beelde te verwerk van RAW (indien jy in RAW skiet) na 'n *.jpg lêer.

Aanbieding VANAF 1 OKTOBER 2013

i)  Vanaf 1 Oktober 2013 sal alle inskrywings vir AFO klubaande en AFO klubkompetisies volgens die nuwe HD formaat ingeskryf word – 1920 x 1080 pixels en ‘n maksimum van 1,2 Mb grootte.
ii)  ‘n Digitale beeld in portretformaat se langste sy mag nie meer as 1080 pixels wees nie.  Die kort sy sal dus minder pixels wees.
iii) ‘n Digitale beeld in landskapformaat se langste sy mag nie meer as 1920 pixels wees nie.  Die kort sy sal dus 1080 pixels of minder wees.
iv) Stoor enige elektroniese beeld in die *.jpg formaat nie groter as 1,2Mb (1200Kb) vir beoordeling by die klub nie.
v)  Dit dit maak nie saak op watter resolusie die beeld gestel is wanneer die beeld op die projektor vertoon word nie.

As jy sukkel, kontak ons Puntemeester, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Tuisblad

Footer banner